POSADRES: Posbus 610, Derdepoortpark, 0035 ADRES: RockyRidge, Moloto pad, Kameeldrift-Oos, TEL: 012 819-1011 FAKS: 0866 118878 SEL: 083 234-9295 , E-pos: info@godbyons.co.za Web: www.godbyons.co.za |
Multi-purpose of Spesialis? deur Marcel Versfeld
Baie van ons manne begeer 'n "Leather-Man" multi-funksionele mes. Dis nou 'n handige "gadget". Jy kan biltong kerf, kleinerige takke afsaag, bottels oopmaak, draad knip, skroewe vas of los draai en selfs jou naels skoonmaak. Ek onthou nog die verkoopsagent wat ‘n stofsuier vir ons kom demonstreer het. Al wat die ding gekort het, was ‘n laaibak dan kan jy omtrent ‘n pad ook met dit bou.
Ons leef in ‘n multi-funksionele węreld. Jou baas verwag van jou om goed te wees met als. Kinders moet presteer in wiskunde en wetenskap en tale. Skootrekenaars en selfone het sommer als wat jy nodig het ingebou.
Die probleem is egter dat baie van die goed eenvoudig net nie goed genoeg is om te doen wat jy daarmee wil doen nie. ‘n Leather-Man kan saag, maar nie so goed soos ‘n saag nie en ‘n stofsuier kan spuitverf werk doen, maar nie so goed nie. God het jou gemaak om te blom waar jy geplant is. Moenie langer toelaat dat skuldgevoelens jou ry nie. Jy hoef nie goed te wees met als nie. Wees sout en lig in jou węreld. |
KCK se eie vier-bal golf span Vossie, Marcel, Marnus & Ruan |
Die manne het hard gespeel, baie ver gery—goeie oefening in gekry met die golf karretjies -net toe einde in sig is, sak ‘n bui reën n uit. Was dit ‘n blessing in disguise??
|
Onbeskaamd Eties en KCK het die krisis sentrum- fondsinsamelings projek ondersteun. |
KCK reik uit na jongmense met gestremdhede
Pretoria Skool lę in die hartjie van die stad, en is meer as net my werksplekwaar ek as Arbeidsterapeut betrokke is. Die skool verskaf onderrig en ondersteunende dienste aan kinders vanaf 3 tot 21 jaar met fisiese gestremdhede soos serebrale parese, spina bifida en spierdistrofie. My werk behels oorbruggings-ondersteuning aan leerders wat hul formele skoolopleiding voltooi het, en gereed maak om die volwasse węreld te betree. Ons fokus is op werksvoorbereiding deur middel van in-diens opleiding in die arbeidmark as vrywillige werkers. Ons vind egter dat die vermoë om te ‘n werktaak te verrig nutteloos is sonder ‘n sterk fondasie van karakter, integriteit en sosiale vaardighede.
Die lewe buite die skool en uitdagings van nuwe rolle as volwassene is vir meeste jongmense ‘n aanpassing. Vir hierdie jongmense is dit dikwels ‘n krisistyd waarin hulle gekonfronteer word met hul beperkinge en die wreedheid van die węreld. Terapeutiese ondersteuning individuele intervensie help om doelgerig voor te berei vir die toekoms. Maar daar is net een Raadsman en Onderwyser wat die lesbeplanning saamgestel het wat hulle (en ons almal) toerus om te oorleef en te leef in oorvloed.
Vanjaar het ons dan die “Building Tomorrow” program afgeskop met ‘n 3-weke persoonlike ontwikkelingsprogram waar ons deur groepwerk die fondasie begin lę. KCK hou letterlik my hande omhoog in hierdie proses! Neels Beyers, wat voorheen hier deel was, het oor 2 dae avontuuraktiwiteite gebruik om bewsutheid te kweek dat NIKS by God onmoontlik is nie. Thami Masuku het ‘n dag met hulle spandeer en deur sy getuienis en boodskap uit die Woord hul uitgedaag om die Koninkryk van God bo alles te soek, en die Here op die proef te stel om Sy belofte dat Hy sal voorsien in alles wat nodig is, te volbring. Annette se besoek aan ons was die hoogtepunt, of deurbraak tot dusver. Sy het met ons gedeel rondom vergifnis. Dit was kosbaar om die “aha” oomblikke te aanskou, en die mure te sien kraak…Na afloop van hierdie sessie was daar ‘n merkbare verdieping in die leerders se deelname, en honger om toegerus te word. Ek is opnuut dankbaar vir my werk, al sou ek veel eerder tuis wou wees met my kinders. Ek beleef die Here se werk daagliks in hierdie jongmense, sien hoe Hy die gebrokenes heelmaak en ‘n pad maak in die wildernis. !
|
Indien u verjaardag nie verskyn nie, maak asb seker dat ons dit op die databasis so spoedig moontlik kry.
|
Sperdatum– volgende uitgawe: Maandag 28 Maart 2011 |
Bank besonderhede: Kameeldrift Christen Kerk, Nedbank Rek no: 2553065256, Takkode: 155345, Montana |
Kontak Theresa vir plaas van artikels Sel no: 083 561 8278 of e-pos: theresa@godbyons.co.za |
May God bless you and keep you safe in His arms!!
|
DAGBOEK DAGBOEK DAGBOEK
12 –13 Manne wales 17 /03 Graham Power 25 /03 Skole sluit 27/03 Gemeente gebed om 17:30 31/03 Junior bederf 07/04 Tiener bederf 30/04 Spesiale dag vir ons dames - “Get Attitude”
|
Eksamen Flaters: Q; What is a fibula? A: a small lie Q: How can you delay milk turning sour? A: Keep it in the cow Q: What does “varicose” mean? A: Nearby
|
03/03 |
Marcel Versveld |
083 234 9295 |
03/03 |
Michelle Versveld |
083 652 2301 |
03/03 |
Ruan Versveld |
071 683 5207 |
06/03 |
Louis Grober |
|
13/03 |
Ughard de Clercq |
|
15/03 |
Marnus Vorster |
|
18/03 |
Tessa vd walt |
082 551 2029 |
24/03 |
Rory Spence |
082 977 2157 |
26/03 |
Mone Oberholzer |
079 081 4397 |
26/03 |
Malan vd Merwe |
084 208 7281 |